Top 20 vir die week: 4 Junie 2018

Tarryn Lamb bly vir die vierde keer in ‘n ry in die no.1 posisie met haar liedjie “Mal oor jou”. Juanita se treffer “Dankie vir jou liefde het gespring tot die no 2 posisie. Jay spring op na die 3 posisie met sy treffer “Lê ‘n bietjie langer”.

Daar is wel ‘n paar liedjies wat julle moet dop hou, en dit is:- Elandré met “Honderd duisend maal” wat op sy album Kleindorp-dromer is. Die liedjie word tans op verskeie radiostasies gespeel. Jan Bloukaas se liedjie “Desembers” word ook baie gespeel en defnitief ‘n liedjie om dop te hou.

Kom ons spring weg en kyk na die stand van sake op ons Top 20 lys vir die week wat voorlê:-

1. Tarryn Lamb – “Mal oor jou”
2. Juanita du Plessis – “Dankie vir jou liefde”
3. Jay – “Lê ‘n bietjie langer”
4. Brendan Peyper – “Klim jou Everest”
5. Jo Black – “Die vrou wat ek liefhet”
6. Elandré – “Die lyn”
7. Karen Zoid – “Hoe ek voel”
8. Twee – “Om en om”
9. Elizma Theron – “Marilyn Monroe”
10. Jan Bloukaas en Mariné Moffat – “Desembers”
11. Bok van Blerk & Robbie Wessels – “Die sluise van die hemel”
12. Appel – “Boer loop deur my are”
13. Dirk v d Westhuizen en Sorina – “Die tennis tune”
14. Steve Hofmeyr – “Redgebed”
15. Liezel Pieters – “Sing jou hart uit”
16. Anders – “Bruid”
17. Elandré – “Honderd duisend maal”
18. Kurt Darren – “Haal asem”
19. Vernon Barnard – “Alles om my”
20. DECA en Len Muller – “Oorwin”

En daar het julle die Top 20 van ons kant af. En soos gewoonte gee ek vir jou die gewilde musiek videos/klankgreep sommer net hier vir jou om na te kyk en na te luister. Indien jy ‘n Sanger ingedagte het wat jy dink moet op die Top 20 kom, kontak ons gerus (loer op die webtuiste vir die kontak besonderhede). Ons by SAUK Radio wil graag vir Maroela Media bedank vir hulle bydrae tot die inligting in ons berig.

Hier is jou nommer 1 – Tarryn Lamb – “Mal oor jou”. Ongelukkig kon ek nog nie ‘n musiekvideo of ‘n klankgreep vir julle in die hande kry van die liedjie nie, maar ek gaan aanhou soek om dit vir julle in die hande te kry !!

Hier is jou nommer 2 – Juanita du Plessis – “Dankie vir jou liefde” – Ongelukkig kon ek nog nie ‘n musiekvideo of ‘n klankgreep vir julle in die hande kry van die liedjie nie, maar ek gaan aanhou soek om dit vir julle in die hande te kry !!

Hier is jou nommer 3 – Jay – “Lê ‘n bietjie langer”

Hier is jou bonus musiekvideo’s of klankgreepe. Die volgende sangers is nie so bekend nie, maar die musiek is fantasties, hoop julle geniet dit:-

Elandré – “Honderd duisend maal” – Klankgreep

Karen Zoid – “Hoe ek voel” – Musiekvideo

Hoop julle het die musiek geniet wat ek saamgestel het vir julle vir die week. Onthou ons ontmoeting vir volgende week … dieselfde tyd en op dieselfde plek.

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment