Top 20 vir die week: 11 Junie 2018

Tarryn Lamb verloor die week haar nommer 1 posisie en Jay skiet op na daardie nommer 1 posisie toe met sy treffer liedjie ‘Lê ‘n bietjie langer’.

Dirk van der Westhuizen se nuwe treffer liedjie ‘Sexy vir my’ kom die week in op nommer 16 (loer hier onder na die musiekvideo). Willem Botha betree ook die week die Top 20 met sy treffer “Enigste man op aarde” op die nommer 20 posisie (luister hier onder na ‘n klankgreep van sy liedjie)

Kom ons spring weg en kyk na die stand van sake op ons Top 20 lys vir die week wat voorlê:-

1. Jay – “Lê ‘n bietjie langer”
2. Tarryn Lamb – “Mal oor jou”
3. Juanita du Plessis – “Dankie vir jou liefde”
4. Elandré – “Die lyn”
5. Karen Zoid – “Hoe ek voel”
6. Brendan Peyper – “Klim jou Everest”
7. Jo Black – “Die vrou wat ek liefhet”
8. Elandré – “Honderd duisend maal”
9. Elizma Theron – “Marilyn Monroe”
10. Bok van Blerk & Robbie Wessels – “Die sluise van die hemel”
11. Jan Bloukaas en Mariné Moffat – “Desembers”
12. Twee – “Om en om”
13. Appel – “Boer loop deur my are”
14. Dirk v d Westhuizen en Sorina – “Die tennis tune”
15. Steve Hofmeyr – “Redgebed”
16. Dirk van der Westhuizen – “Sexy vi my”
17. Anders – “Bruid”
18. Liezel Pieters – “Sing jou hart uit”
19. Kurt Darren – “Haal asem”
20. Willem Botha – “Enigste man op aarde”

En daar het julle die Top 20 van ons kant af. En soos gewoonte gee ek vir jou die gewilde musiek videos/klankgreep sommer net hier vir jou om na te kyk en na te luister. Indien jy ‘n Sanger ingedagte het wat jy dink moet op die Top 20 kom, kontak ons gerus (loer op die webtuiste vir die kontak besonderhede).
Ons by SAUK Radio wil graag vir Maroela Media bedank vir hulle bydrae tot die inligting in ons berig.

Hier is jou nommer 1 – Jay – “Lê ‘n bietjie langer”

Hier is jou nommer 2 – Tarryn Lamb – “Mal oor jou”. Ongelukkig kon ek nog nie ‘n musiekvideo of ‘n klankgreep vir julle in die hande kry van die liedjie nie, maar ek gaan aanhou soek om dit vir julle in die hande te kry !!

Hier is jou nommer 3 – Juanita du Plessis – “Dankie vir jou liefde” – Ongelukkig kon ek nog nie ‘n musiekvideo of ‘n klankgreep vir julle in die hande kry van die liedjie nie, maar ek gaan aanhou soek om dit vir julle in die hande te kry !!

Hier is jou bonus musiekvideo’s of klankgreepe, hoop julle geniet dit:-

Willem Botha – “Enigste man op aarde”

Dirk van der Westhuizen – “Sexy vi my”

Hoop julle het die musiek geniet wat ek saamgestel het vir julle vir die week. Onthou ons ontmoeting vir volgende week … dieselfde tyd en op dieselfde plek.

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment