Joshua na die Reën stel nuwe liedjie bekend:- ‘Stof en Sterre’

Joshua na die Reën se album, Die Wêreld Binne My, se liedjies is persoonlik en handel oor die wêreld binne elkeen wat daarna luister. Die genre is stadium rock en die album bestaan uit sestien oorspronklike introspektiewe snitte.

Een van hierdie snitte is Stof & Sterre en dit word nou, gedurende die week van 18 Junie 2018, aan radiostasies landswyd uitgereik.

“Nadat ek lank oorweeg het wat Nandi van Deventer se verjaarsdagboodskap aan my, op 11 September 2016, kon beteken, het ek tot die oortuiging gekom dat die stof waaruit die mens gemaak is, iewers ’n gedaanteverwisselling moet ondergaan, en dan soos sterre in die nagruim voortbestaan.

Ek wil ’n vergelyking skep tussen die mens as stof, en die mens as ster. Die proses van stof na sterre verg ’n veranderde uitkyk na die daaglikse omgang met alles om jou, asof alles saamwerk om die stof (die onafgeronde in ons) na sterre (iets wat deur ewigheid afronding kon deurstaan en nou lig uitstraal) te verander,” sê hy.

“Hierdie proses raak ook ’n tweekantige samewerking tussen my en jou, want as ons by mekaar is moet die stof tussen ons in sterre verander:-

Hier is ‘n stukkie van die lirieke van die liedjie:-

Ek besluit, toe ek my oë oopmaak vanoggend om anders te kyk
Al nader, nader virby hoe dit nog altyd lyk

Ek onthou toe ek gedachtes voel
Hunker na vergete velde
En in die geheim in vlug, uit die daglig, na waar my onbekende lê

Ek wil loop, waar stof en sterre
Verander my hartklop na waar die winde en die weer en wolke saamwerk
Om stof en sterre te verander
Verander, verander dan

Luister hier na ‘n voorsmakie van die liedjie:-

Loer hier onder na een van sy treffers:- Josua Na Die Reen – Die Wêreld Binne My (Lirieke)

 

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.