Cordelia en Pieter Koen het sobietjie kragte saam gesnoer

Die talentvolle Cordelia, wat bekendheid verwerf het met liedjies soos Mal in jou kop en Eerste Woorde, het kragte saamgesnoer met die welbekende sanger en televisie-aanbieder, Pieter Koen en het onlangs die musiekvideo vir hulle duet enkelsnit, Spel van Liefde uitgereik. Dié liedjie pryk reeds op die trefferparades van radiostasies landswyd.

Oor die samewerking met Pieter sê Cordelia: “Pieter Koen is vir my persoonlik ’n baie aangename mens met ’n uitsonderlike talent. Dit was heerlik om saam met hom te werk aan hierdie liedjie en ’n baie groot voorreg. Ek hoop die publiek hou van dit wat hulle hoor.”.

“Spel van Liefde gaan presies oor dit wat die woorde sê. Ons almal speel ’n spel van liefde. Almal het ’n behoefte om deel te wees van ’n liefdes spel – ons wil hoort spesiaal voel en ook liefde gee. My gunsteling liedjies is altyd oor die liefde. Liefde bewys net weereens dat geld dit nie kan koop nie. Liefde oorwin alles” sê Cordelia.

Die liedjie is geskryf en getoonset deur Vaughan en Nerine Gardiner en vervaardiger en gemeng by Muse Studios deur Hugo Ludik en Vaughan Gardiner.

Die video is vervaardig deur AVC Studios en Luther van der Watt het die regie behartig. Die foto’s op stel is deur Carike Nel geneem.

Pieter is net so opgewonde oor die liedjie sê dit was ‘n groot pluimpie om deur Cordelia genader te word om ‘n duet saam met haar op te neem. “Ek het nie twee keer gedink om betrokke te raak nie. Cordelia het al die elemente wat ‘n kunstenaar nodig het om dit te maak, sy is gevestig in haarself as mens en weet hoe sy mense se harte wil bereik deur haar musiek. Ek glo die publiek gaan net so byval vind by die liedjie soos wat ek het. Ek wens Cordelia soveel sterkte toe met haar loopbaan!”

Loer hier onder na een van hulle treffers:- Cordelia en Pieter Koen – Spel van Liefde (Official Music Video)

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.